Mosselbaai Sang en Woordbediening 2016

Mosselbaai Sang en Woordbediening 2016

Mosselbaai Sang en Woordbediening 2016

Mei-maand bring groot opwinding na Mosselbaai tydens die eerste Mosselbaai Sang en Woordbediening aangebied deur Danie Botha en Michael Lindt. Tydens die naweek van 13, 14 en 15 Mei 2016, word hierdie onvergeetlike en verrykende bediening in die Mosselbaai Stadsaal aangebied ten bate van Arbeidsbediening.

Kaartjies beloop slegs R200 per persoon vir die hele naweek se toegang. Elke persoon ontvang ‘n middagete pakkie vir Saterdagmiddag, ingesluit by die R200 vir die kaartjie. Baruch Koffie gaan daar wees met heerlike koffie en beskuit vir R10.00.

Kaartjies vir die Mosselbaai Sang en Woordbediening is beskikbaar by Oliver Bande, Supa Quick, Hartenbos Apteek, Avonia Haarsalon, Cachalot en Point Village Accommodation.

Vir meer inligting kontak gerus
082 829 7105, 044 690 4456 of 044 695 1558