Toucan Materiaal en Wol in Mosselbaai Brei Uit

Materiaal en Wol Winkel in Mosselbaai

Toucan Materiaal en Wol in Mosselbaai Brei Uit
Daar het die afgelope tyd opwindende dinge by Toucan Materiaal in Mosselbaai gebeur. Die winkel vloer spasie het aansienlik vergroot om voorsiening te maak vir al die nuwe voorraad wat nou beskikbaar is. Daar sal ook binnekort ‘n koffie winkel in Toucan wees. Toucan Materiaal en Wol is dus sonder twyfel die grootste materiaal en wol winkel nie net in Mosselbaai nie maar in die hele Tuinroete. Besoek die winkel vir die groot verskeidenheid materiale, wol en vele ander naaldwerk benodighede. Die vriendelike personeel staan gereed om jou te help.
Daar sal binnekort foto’s en meer inligting oor die uitbreidings beskikbaar wees.

Toucan Materiaal en Wol in Mosselbaai Brei Uit